Suikerbos
Academy
Kleuterskool


Hier Leer Ons Deur Te Speel
N KLEUTERSKOOL MET N VERSKIL

Wonderlike Onderwysers
Ons Onderwysers is vriendelik en in staat om die lesse in twee tale te gee naamlik Afrikaans en Engels.

Heerlike Etes
Die skool spog met ‘n Spyskaart vir vier weke. Op die manier sorg ons dat die kinders gesonde heilsame etes kry wat elke dag verskil.

Uitstekende Leerprogram
Suikerbos Academy Kleuterskool gebruik ‘n Curriculum wat deur die Departement van Onderwys goedgekeur is. As Gr R maatjies groot skool toe gaan is hulle gereed vir alles.

Vriendelike Omgewing
Met drie speelgronde op die terrein maak ons seker dat ons groter maats nie die Kleiner maatjies seermaak nie. Sodoende speel hulle in groepsverband en voorkom ons ongelukkigheid.
Wat Ons Bied



Baba Klas 4-23 maande
Hier begin ons pret… Hier leer ons om saam te speel en pret te hê. In die klas maak ons seker dat elke kind sy/haar eie goedjies gebruik soos die doeke, boudsalf, “Wetwipes” ens. Geen oorkruis gebruik word toegelaat nie m.a.w. elke kind gebruik sy eie goedjies. Daar word boek gehou van wanneer Baba slaap, wat hy/sy geëet het, wanneer doeke geruil is en oor die kind se algemene toestand. Die boekie word huis toe gestuur en moet asseblief elke dag terug gestuur word. Ons maatjies speel ook hier afsonderlik en ons beskik oor ‘n binne speel area vir die kleingoed.

Kleuterskool 2 jaar tot Graad R
Mamma, nou raak ons groot… Hier gebruik ons ‘n Curriculum wat deur die Departement van Onderwys goedgekeur is. Ons begin al in die “Potty Trainer” klas met boekwerk. Die kind se ontwikkeling begin al by geboorte en nou help ons hulle om te leer hoe om kryt vas te hou, skeur en in te kleur. Pretige temas word regdeur tot Graad R elke week aangebied. Deurentyd hou ons ouers op hoogte van hul kind se vordering en kry ons maats twee maal ‘n jaar rapporte. Teen die tyd wat hulle “Groot Skool” toe gaan, is hulle reg vir die nuwe uitdagings.

Ekstra Aktiwiteite
Ons bied ook ekstra aktiwiteit by die kleuterskool aan. Vir meer informasie kontak ons gerus.
Oor Ons
By Suikerbos Academy Kleuterskool leer ons om pret te hê, lief te hê en mekaar te respekteer. Waardes begin by die huis en word by ons voort gebou. U kind is ons nommer een prioriteit.
Wat ons Bied
Suikerbos Academy Kleuterskool bied u kind ‘n veilige Christelike omgewing waar hy/sy kan leer, speel en met maatjies meng. Onderwysers wat toegeweid is om seker te maak die kind se ervaring is van die beste.
Kontak Ons
- 15 Sipresboom straat,Heidelberg,Gauteng
- retha@suikerbosacademy.com
- 082 088 6877